Sergei Koslof

Sergei Koslof in 2018.

Sergei Iwanowitsj Koslof (Russies: Сергей Иванович Козлов) is 'n politikus van die Loehansk-oblast in Oekraïne wat sedert 2015 as die eerste minister van die Volksrepubliek Loehansk dien.

Koslof is 'n generaal-majoor in die volksmilitia van Donbas waarby hy aangesluit het in reaksie op die Oekraïense Revolusie van 2014. Die Volksrepubliek Loehansk het kort daarna sy onafhanklikheid verklaar. Vóór sy aansluiting by die militia het Koslof in Oekraïne se staatsnooddiens gedien.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search